Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARL-NUUS SONDAG 1 SEPTEMBER 2013

U luister na ZS6SRL, die amptelike radiostasie van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika. Die SARL saai elke Sondag om 08:15 SAT 'n nuusbulletin in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uit. Vir oudio gaan na www.sarl.org.za, klik op 'Amateur Radio Today' en volg die skakels soos aangedui. Vir oudio deur Echolink, koppel met ZS0JPL-R.

Hierdie en vorige bulletins kan van www.sarl.org.za afgelaai word en u kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

U nuusleser is (naam en roepsein), op 145,725 MHz vanuit Pretoria, met herleidings op 7,066 en 3,695 MHz ESB. (Ander nuuslesers verander soos toepaslik.)

IN DIE NUUS VANDAG:
SARL RTA VOLGENDE IN DURBAN
NUWE AMATEURVIDEOTOERUSTING OP IRS
IETS VIR COLLINS RADIOENTOESIASTE

U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir meer besonderhede oor hierdie en ander belangrike en interessante items.

SARL RTA VOLGENDE IN DURBAN

Die tweede SARL Radiotegnologie in Aksie Simposium het gister by die Innovation Hub in Pretoria plaasgevind. Sowat 80 rdioamateurs en radio entoesiaste het die geleentheid bygewoon. Hiervan was die grootste groep van ‘n enkele klub die van die Kempton Park Technical Society. Weer eens is dit ‘n bewys van die resultate as ‘n komitee sy gewig agter ‘n saak insit en sy lede aanmoedig. Die klub het ook spesiale moeite gedoen om sy RAE kandidate in te sluit en het sodoende gesorg vir ekstra insette met die oog op hulle RAE studies. Wel gedaan Kempton Park, dit is waarlik die HAM gees in aksie.

Die volgende RTA sal op 14 September by die Universiteit van KwaZulu-Natal in Durban plaasvind. Volledige besonderhede en die besprekingsvorm is op die web beskikbaar by www.sarl.org.za. Bespreek asseblief vroegtydig om sodoende die organisasie en spyseniering te vergemaklik asook om te verseker dat die KS en boustel by die geleentheid beskikbaar sal wees. Soos met die ander RTA’s sal vyf digitale multimeters wat deur Corel-I geborg word te wen wees.

NUWE AMATEURVIDEOTOERISTING OP IRS

Die ARIRS Amateurvideosender is nou in die Columbus Module aan boord van die Internasionale Ruimtesentrum. Die sender is afgelewer deur ‘n Japanese vragruimtetuig wat vroeg in Augustus gelanseer is. Die installasie sal deur die ruimtevaarder amateur Michael Hopkins, KF5LIG, gedoen word. Hy is opgelei om die ARIRS amateurvideotoerusting in werking te stel. Hierdie mylpaal kan reeds so vroeg as Oktober plaasvind. Wanneer die nuwe S-Band sender operasioneel raak sal dit hoofsaaklik vir ARIRS opvoedkundige skoolkontakye gebruik word. Video sal slegs as afskakel dien terwyl BHF FK audio steeds vir sending gebruik sal word.

IETS VIR COLLINS RADIOENTOESIASTE

Vier klubstasies sal die 80ste viering van die befaamde Rockwell Collins se Collins Radiomaatskappy met ‘n spesiale geleentheid operasie gedurende die laaste twee naweke van September vier.

Stasies W0CXX en N0CXX Cedar Rapids, Iowa; W5ROK Richardson, Texas; W4CRC Melbourne, Florida en W6CXX Tustin, California sal op 21 tot 23 September en weer 28 to 30 September op die lug wees om aan die geleentheid deel te neem.

‘n Spesiale QSL-Kaart vir hierdie gebeurtenis sal aan almal wat met enige van hierdie satsies kontak maak beskikbaar wees. ‘n Aandenkingssertifikaat sal gaan aan die wat 3 of meer van hierdie klubstasies op enige kombinasie van bande of modes werk. Meer inligting en QSL instruksies is beskikbaar by die webwerf, www.w0cxx.org.

LIGANUUS

IS JOU LIDMAATSKAP HERNU?
Indien jy nog nie jou ledegeld vir hierdie jaar betaal het nie is jy tegnies sedert gister sonder enige lidmaatskapsvoordele. Daar word egter vir nog twee weke grasie gegee om dit te doen. Indien jy een van die amateurs is wat dit nog nie gedoen nie word jy aangemoedig om dit so gou as moontlik te doen. Inligting omtrent die bedrag en die bankbesonderhede is Maandag by Mariska, 011 675 2393 beskikbaar.

RADIO-ZS HIERDIE WEEK IN DIE POS
Die Julie/Augustus uitgawe sal binne die volgende paar dae gepos word en is ook op die webwerf beskikbaar. Lede kan die verskillende artikels individueel lees en aflaai. Skakels hiervoor is op die Lede Alleen bladsye van www.sarl.org.za te vind.

Hierdie uitgawe is weer vol interessante artikels soos : “Roll-your-own homebrewed amateur radio” deur Victor du Preeez, ZS6EA. “A modern approach to characterise the possible new 60 m (5 MHz) band” deur Hannes Coetzee, ZS6BZP. “APRS in Aircraft” deur Henry Chamberlain, ZS1AAZ. “Collecting Radio Stamps” deur Dennis Green, ZS4BS. “Rapid Deployment Amateur Radio (RaDAR)” deur Eddie Leighton, ZS6BNE en ‘n nuwe rubriek deur Mike Bosch: “The World of VHF, UHF and Microwaves” plus al die gewone gewilde inhoud. Van spesiale belang is ‘n artikel deur die skrywer van menige boeke oor antennas Doug DeMaw, W1FB getittel "Antenna Accessories for the Beginner".


KLUBNUUS

Geen klubnuus is gedurende die vorige week ontvang nie.

SARL-nuus nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radioamateurs en kortgolfluisteraars in te dien. Plaas nuusberigte - indien moontlik - in beide Engels en Afrikaans op www.sarl.org.za/newsinbox.asp, nie later nie as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan.

KOMPETISIENUUS

SARL HF DIGITALE KOMPETISIE
Die Kompetisiekomitee het 9 logstate vir die SARL HF Digitale Kompetisie gehou op Sondag 18 Augustus 2013 ontvang. Die uitslag is soos volg:

1ste Bernie van der Walt, ZS4TX, 150 punte 2de Jan Botha, ZS4JAN, 101 punte en 3de Nico Oelofse, 88 punte.

Beste telling op ‘n enkele band:
Bernie van der Walt, ZS4TX, met 118 punte op 20 meters.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan bly ten spyte daarvan dat daar 'n goeie kans vir 'n M-klas fakkel vanaf Sonvlek AR1817 is. Al die ander sonvlekke is stabiel of besig om te verval.

Vir diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week is ongeveer 51.

Amateurs gaan al die DX-bande van 20 tot 10 m geniet met 20 m wat die beste openinge gaan oplewer terwyl die 15 m net 'n kortkop agter behoort te wees. Kort 10 m openinge kan van tyd-tot-tyd oor Oos-Wes daglig paaie voorkom.

Besoek gerus die nuwe webtuiste http://spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

DAGBOEK VAN GEBEURE

3 September – Wes Rand Vlooimark
14 September – RTA KaZulu-Natal
25 – 28 September – SARL Uitstalling by ESKOM EXPO vir jong Wetenskaplikes


Die SARL nooi u om elke Sondagoggend om 10:00 SAT op 145,750 MHz in die Pretoria-omgewing te luister na "Amateur Radio Today". Daar is herleidings op 7 082, 7 205 en 17 660 kHz en ook 'n potgooi deur ZS6RO. Vir oudiostrome en Echolink deur ZS6FCS, besoek www.sarl.org.za, klik op "Amateur Radio Today", gaan na die groen kolom en klik op 'Listen on the web'. 'n Heruitsending vind op Maandae om 16:30 UTC op 3 230 kHz plaas. Op die webwerf verskyn ook besonderhede aangaande verskeie ander heruitsendings. Ontvangsrapporte, kommentaar en voorstelle sal waardeer word. Stuur e-pos aan artoday@sarl.org.za.

Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

U het geluister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga saamgestel en geredigeer deur Louis Kirstein, ZS1LK.

Dankie dat u geluister het, 73.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003